Review of OOSTENBERG MUNICIPALITY - KRAAIFONTEIN


1.0
Verwys na artikel in Tygerburger op 21 September 2016 waarin daar bevestig is dat daar gewerk word aan die aanstelling van kontrakteurs wat die parke en oop velde moet skoonmaak. Glo is daar alreeds vanaf 12 September mense aangestel, maar geen verandering in ons dorp. Ek het `n navraag geloods op 22 September op die Oostenberg website ******** wat net verander is na completed status. Ek het ook verskeie oproepe gemaak, met geen terugvoering.

Ek woon in Sederbergstraat Bonnie Brae Kraaifontein en daar is `n ontwikkeling wat sou plaasvind op die hoek van Bonnie Brae Laan en Sederbergstraat. Die hokke staan net so en die gras is al kophoogte. Lyk absoluut vieslik oral in die Kraaifontein omgewing. Nou vra ek wat gaan gedoen word aan die situasie. Waarvoor stem mens vir DA Gerhard Fourie en betaal ons munisipaliteit??? Kan jul asseblief aandag gee dat ons area en dorp beter lyk? DRINGEND!!!!

Reply to Review

Sign-in Required

Please sign-in or register in order to reply to this review.

Sign inRegister
BACK TO TOP