Review Teleurgesteld

Review for:
Reys Gymnastics

1.0
Teleurgesteld
Dit is met groot teleurstelling dat ek hierdie verwysing moet skryf. My dogter was vir twee jaar n studen t van Rey's Gymnastics en selfs al was sy nie meer deel van die klub nie, het ek nooit geskroom om talle ouers daarheen te verwys nie, omdat ek die klub baie hoog geag het. Ongelukkig bleik dit om glad nie meer die geval te wees nie en sal ek nooit weer iemand daarheen verwys nie, inteendeel ek sal mense afraai. Hoe kan daar op 4 jarige kinders geskree word op 'n millitante wyse en op afbrekende wyse dat hulle n vrees ontwikkel om na die gimnastiek klas te gaan. En dan om alles te kroon wanneer die ouers dit onder die aandag van die bestuur bring word die volgende terugvoer gegee "Ek is moeg vir ma's wat kerm oor hulle kindertjies. Gaan rig jou eie kind af en kyk hoe ver kom jy" Dit is klein kindertjies wat nou net 'n paar maande gelede begin het en nog 'n liefde vir die sport ontwikkel. Wel dit is nou beslis by die deur uit. Ek dink dit is uiters swak, onprofesioneel en on van pas. Hier is 'n wenk. As jy nie met daardie klein kindertjies kan werk nie, maak jou toelatings ouderdom hoër.

Reply to Review

Sign-in Required

Please sign-in or register in order to reply to this review.

Sign inRegister
BACK TO TOP