Review Diens by die ER departement by Eugene Marais.


1.0
Diens by die ER departement by Eugene Marais.
Ek het 'n malaria toets op Donderdag, 19 April by Lancet laat doen wat positief gewys het. Ons is na 5 jaar terug in SA nadat ons in Zambie gebly het. Ons het alles kontant betaal. Julle personeel by Ongevalle is uiters onvriendelik en selfs die dame wat my leer oopgemaak het, het gedink dat sy my 'n groot guns doen. Alles het na soveel moeite gelyk. Ek is toe deurgeneem na die ondersoekkamers toe. Na meer as 2 ure het niemand my gehelp nie. Personeel het in die saal rondgestaan, kliphard gesels, grappies maak, lag. Daar was 1 ander persoon saam met my in die saal, 'n kind, en ek het gehoor hoe daar reelings getref word om die kleinding oor te plaas na 'n hospitaal waar daar 'n pidiater is. Toe is ek alleen, die enigste pasient wat hulp nodig gehad het. Daar was wel 2X 'n personeellid wat ingeloer het en hard op gewonder het hoekom die Dr nog nie by my was nie. Ons het na 2 uur en 30 min die saal verlaat en LCM-toe gegaan. Hierdie was vir my 'n groot skok, ek het verlede jaar 2 operasies by Dr Lawrence gehad, en fantastiese behandeling in die hospitaal gekry. Nou wonder ek, is ER deel van die Eugele Marais Life groep, of hanteer 'n ander mpy dit? Indien wel, sit Eugene Marais Life met 'n groot probleem, julle naam ly sleg skade, hierdie vrot appel gaan julle duur te staan kom. Hoop julle het die ordentlikheid om my te antwoord.

Reply to Review

Sign-in Required

Please sign-in or register in order to reply to this review.

Sign inRegister
BACK TO TOP