Review of Eldoraigne Pool Lab


1.0
Hulle werk is nie op standaard nie. Hier volg my storie.

Ek het laasjaar gesien daar is elke aand bietjie sand in my swembad en toe gedog die rede
is omdat ek lanklaas sand vervang het en hulle toe gevra om dit vir my te doen.
Hulle het die werk dan ook gedoen in Mei 2015. Daarna het ek gesien daar was nogsteeds sand
in die swembad maar gedink daar is ander fout of dat dit net stof was.
Eers nou het ek uitgevind dat mens die "Filter fingers" onder in die sandfilter moet check en vervang
gedurende 'n sand vervanging, indien oud en sag. Hulle het nagelaat om dit te check en te vervang. (Heel waarskynlik
ook nog verder gebreek toe hulle die sand verwyder het)
Nou sit ek met die probleem dat die sand weer verwyder moet word om die filter fingers te kan vervang en ek voel
regtig dat hulle dit op hulle koste moet doen. Ek sal wel betaal vir die stukkende filter fingers.

Ek het hulle geskakel en met Natasha gepraat wat dit met haar bestuurder sou bespreek, maar is ignoreer deur hulle.
Dae later het ek 'n epos aan hulle geskryf en gevra of hulle dit kan regstel, steeds geen terugvoer. Hulle ignoreer
net sulke goed na hulle BAIE swak diens en werk gelewer. Nadat die sand vervang was het hulle ook glad nie
skoongemaak nie en alles net so vuil gelos.

PASOP dus om enige werk by Eldoraigne PoolLab te doen. Betaal eerder meer en kry deeglike werk !

Reply to Review

Sign-in Required

Please sign-in or register in order to reply to this review.

Sign inRegister
BACK TO TOP