Reviews of Super Specs Mayville - Pretoria

Here you will find reviews about Super Specs Mayville. All reviews are checked and confirmed by our administrator, so these reviews you can trust.
1 Review
5.0
 
Write a Review
5.0
Uitstekende diens
Die oogarts by Superspecs Mayville het alles mooi verduidelik waaroor die toetse gaan. Sy was vriendelik en het geduldig alle vrae beantwoord. Sy het ook getoets vir katterakke nadat sy verduidelik het dat ek nog te jonk is vir dit, maar vir my eie gemoedsrus het sy gekyk vir dit. By 'n vorige oogarts is my oë verkeerd getoets en ek moes nog geld inbetaal ook vir die oogtoets. My sonbrille wat ek gratis gekry het se lense is toe ook sommer vervang met die nuwe lense (wat verkeerd getoets is) so m.a.w. ek kon dit nog nooit gebruik nie, want as ek ry kan ek niks sien. Van dag een af het ek hoofpyne gekry met die leesbril, so erg dat ek op die einde van die dag vir my leesbrille by clicks gaan koop het om mee te lees.

By Superspecs is ALLE kostes deur die medies gedek en ek hoef geen bybetalings gemaak het nie. Ek het my leesbril gekry en kan PRAGTIG lees. Ek dra hom nou al heeldag en nog geen hoofpyn. Ek het sommer 'n afspraak vir my man ook geboek. Ek beveel hulle definitief aan. Hulle diens is puik.

Vanessa Moore

BACK TO TOP