WOEPEL DOEPEL KULTUUR KASTEEL - Kempton park

1.0 1 Review
  • Verified
    Listing
Company name
WOEPEL DOEPEL KULTUUR KASTEEL
Location
46 ROOIBOSSTR, Kempton park, Gauteng, South Africa
View Map
Contact number
(011)975-4278
Working hours
  • Monday: 06:30-17:30
  • Tuesday: 06:30-17:30
  • Wednesday: 06:30-17:30
  • Thursday: 06:30-17:30
  • Friday: 06:30-17:30
  • Saturday: Closed
  • Sunday: Closed
Company manager Ernie De Lange
Establishment year 1986
E-mail address
Location map
Company description
Woepel Doepel is 'n kleuterskool wat al vir 29 jaar die samelewing dien in Kempton Park.

Ons klasse: 3 maande tot 5 jaar

Professioele Kurrikulere Programme word geleer vir kleuters.

Kom en besoek ons, en gee jou kleuter die nodige vondasie wat hy nodig het.

Reviews

1 Review
1.0
 
Write a Review
1.0
As jy dink om jou kind of kinders in die kleuterskool te sit dink weer! Personeel en juffrouens wat daar werk is gewone mammas en van hulle is nie. Niemand is gekwalifiseerd nie, gaan nie vir enige training nie. Absoluut treurig verby!!! Ek het onlangs half dag begin werk en het al twee keer onverwags daar aangekom en dan sien jy eers wat aangaan in jou kind se skool absoluut skokkend. Die eerste keer toe ek net daar opdaag toe is haar juffrou buite besig om bal te speel. My kind was nie deel van die gespelery nie, ek het speelraam toe gegaan en sy was nie daar nie. Haar juffrou het toe begin soek in die meisies en seuns toilets en was nie daar nie. 'n Ander juffrou het toe ook begin soek, net daar toe raak ek angstig want hoekom kan niemand weet waar my kind is nie! Ons kry haar toe in so wegsteek area met 'n siment bank waar sy toe geslaap het. Die ander ding is hulle sit al die kinders in die saal of buite by die speelrame, ek like dit nie, net daaroor het my kind net ouer vriendinne en hulle maak of sy hulle pop is. Die tweede keer toe is almal weer in die saal en soos wat ek aankom hoor ek my kind al van die hek af huil, ek sien toe 'n juffrou verby stap, sy kyk nie eens vir my kind nie. Hier staan sy in die middel van die saal en is die enigste kind wat huil, en niemand troos haar of vind uit hoekom sy huil nie. Wel ek was woedend ek gil toe op die vrou en vra haar of sy blind is, en hoekom my kind huil. Syt weggeloop van my af en my ignore. Ek het net daar my kind se goed gepak en gery. Ek het al van dag een probleme in die skool. In haar vorige klas het daar ook iets gebeur. My dogtertjie was baie sieklik toe sy kleiner was as gevolg van melk allergie, as sy koors kry was dit soos 41 grade. Dis toe presies wat gebeur het, ek was by die werk, kry 'n oproep my kind se koors is vreeslik hoog. Ek kom daar aan, dit was winter, my kind is bloed rooi, vuur warm en syt al wat 'm baadjie aan. Ek was te bekommerd om op daardie oomblik iets te se, oppad kar toe het ek begin uittrek. Kom by die huis, toe is ek besig om 'n Empaped setpil in te sit, toe begin my kind te ruk, ek het haar naam geskreeu, toe dop haar oe om en sy paas uit. Ek was buite myself en besef toe hierdie is koors stuipe. Syt toe bygekom en was vreeslik deurmekaar gewees, intussen het my man ook by die huis aangekom om my te help. Ek is toe terug skool toe, toe praat ek met die onderhoof Mari en verduidelik die situasie en dat my kind nou net koors stuipe gehad het en dat ek nie verstaan hoekom sy so baie klere aangehad het nie. Tannie Mari vrons toe en roep die juffrou kantoor toe, ons altwee was toe op haar case, toe se sy sy dog mens moet die klere aanhou as die kinders koors het. Wel die onderhoof het haar reggehelp en gese dis die teenoorgestelde. Die ander probleem wat ek het is dat die hoof Ernie amper nooit by die skool is nie en die skool het baie vinnig agteruit gegaan.

Questions & Answers

Have questions? Get answers from WOEPEL DOEPEL KULTUUR KASTEEL or Yellosa users. Visitors haven’t asked any questions yet.

Verified Business

The accuracy of the company profile for WOEPEL DOEPEL KULTUUR KASTEEL is validated by the company owner, representative, or directory administrator.
Last update on
Registered with us in

Similiar Page for Your Business?
Make sure everyone can find your business online. Create your dedicated company page on Yellosa - it's simply and easy!

List Your Business

C2024-04-25
BACK TO TOP